Die sprong van huursoldaat na huurmoordenaar was seker onvermydelik. Maar om dan te gaan

staan en verlief raak, dodelik.

Toe die Sluiper se kamerade hom verraai, het sy siel gesterf. In ’n land waar kontrakmoorde

toenemend die gang van sake bepaal, begin hy sy dienste beskikbaar stel aan diegene wat van ’n

lastigheid ontslae wil raak. ’n Tsoenami van moorde volg. Liefde het tog niks daarmee te doen

nie, het hy gedink. Totdat dinge skeefloop en Tes Mallet vermoor word. Deur wie? Hoekom?

Wat wel seker is, is dat die Sluiper hulle gaan kry. Bloed sál vloei.

Die Onaantasbares is hulle wat glo hulle is onkwesbaar. Elkeen dink hy’s Superman. Almal is

lief vir hom en lood penetreer hom nie. Hy dink mespunte breek teen sy groot hart. Hy oorweeg

nie die moontlikheid dat hy nie die oggendson sal sien nie. Of dat die Sluiper reeds in sy

huis is nie. Een oomblik sien hy sy makkers op kanaal 404 in ’n optog êrens, hy gryp die afstandbeheer,

roep sy vrou, verstel die volume, knak ’n bier op die revolution, en bloei dan dood deur

’n klein gaatjie agter in sy skedel.

Aksiebelaai, volwasse en brutaal, maar altyd besinnend. Met Die Onaantasbares betree

Hofmeyr die skaduwêreld van huurmoord en misdaad. Van verraad en boetedoening. Wat

elders moontlik vergesog is, is hier ’n gegewe – heel waarskynlik terwyl jy hier lees, want die

Sluiper is aan’t beweeg. Sonder kontrak.