Hierdie Graad 10 Wiskundige Geletterdheid 3-in-1 Klasteks & Studiegids bied ’n duidelike, stap-vir-stap benadering, met maklik verstaanbare terminologie, omvattende, verduidelikende notas en uitgewerkte voorbeelde om begrip van al sewe onderwerpe te ondersteun. Gegradeerde oefeninge, vasleggingsvrae en gedetailleerde antwoorde help leerders om selfvertroue te bou en die konsepte en vaardighede wat vir eksamensukses nodig is, te bemeester.