Hierdie Graad 12 Verbruikerstudies 3-in-1 Klasteks & Studiegids is ‘n betroubare, maklik-om-te-volg studiehulpmiddel vir elke leerder wat hierdie vak neem. Dit bevat deeglik nagevorste notas, duidelike illustrasies, studiewenke, oefeninge en eksamenvraestelle. Die kolpuntnotas, relevante diagramme en logiese uitleg dra by tot begrip en toeganklikheid van die kurrikuluminhoud.