Evie Erdvark en haar Natuurvriende is 'n boek vir jong en ouer lesers. Die boek bevat feite oor natuurlewe wat goed nagevors is deur die welbekende Suid-Afrikaanse omgewingskrywer, Dr Lynn Hurry. Elkeen van die 20 stories word aangebied en met opmerkings verryk deur Evie Erdvark, maar vertel deur die werklike natuurlewe.