Hierdie Graad 10 Rekeningkunde 3-in-1 Klasteks & Studiegids bied ’n stewige grondslag vir sukses in Rekeningkunde, beide nou en in toekomstige grade. Die inhoud word in logies gestruktureerde afdelings aangebied wat leerders help om ’n duidelike begrip van die noodsaaklike terme, konsepte en beginsels van die vak te ontwikkel. Gegradeerde vrae en antwoorde regdeur die boek gee leerders die geleentheid om dit wat hul geleer het toe te pas, selfvertroue op te bou en hul vordering te monitor.