Oorgange en voortgange - 'n huldigingsbundel vir prof. C.H.F. Ohlhoff

Willemse, H

PDF

Oorgange en voortgange is 'n bundel oorspronklike navorsingsartikels saamgestel as huldiging van prof. Heinrich Ohlhoff. Hy was sedert 1966 in verskeie hoedanighede verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is 'n gerekende kenner van die Afrikaanse po�«sie; maar ook ewe tuis op die terreine van die Afrikaanse taalkunde; Algemene Literatuurwetenskap; Goties en Kultuurteorie. As filoloog het sy navorsing gekonsentreer op Middeleeuse Europese kultuur; Renaissance studie en sewentiende-eeuse Nederlandse letterkunde. Hy is op al hierdie vakterreine 'n wandelende ensiklopedie. Elkeen van die bydraers tot die bundel het 'n persoonlike verhouding met Heinrich Ohlhoff; as voormalige studente of vakkollegas. Van sy oudstudente het hom die eerste keer in hul voorgraadse klasse meegemaak; sommige het hom later as begeleier vir hul nagraadse studie gekies; in sigself klinkende getuienis van hul vertroue. Die studies wat hier opgeneem is; handel oor die Middeleeuse Nederlandse letterkunde; die Afrikaanse biogra�¬fie; Afrikaanse mondelinge oordrag; akademiese geletterdheid; die leksikologie en veral die Afrikaanse prosa en po�«sie. Hierdie vakverskeidenheid is toepaslik omdat Heinrich Ohlhoff op al hierdie terreine met gemak kan saampraat.

R 400.50
9780627031960
2.65 mb
Afrikaans
2013-01-01
Van Schaik Publishers
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.