Medusa

Van Rensburg, Rudie

EPUB

’n Ongekende vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Hy en Rooi Els het nog nooit só ’n saak hanteer nie. Die sterk emosies wat hy ervaar, stem hom onrustig. Reeds as groentjiespeurder het Kassie geleer dat jy te alle tye afsydig moet staan van ’n saak sodat dit jou nie emosioneel oorweldig nie. Anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak laat dit nie toe nie. Dit krioel in sy binneste soos ’n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak . . . Boonop voel dit of elke leidraad soos ’n geelwortel voor hulle neuse geswaai word, maar sodra hulle dit waag om daarna te hap, is daar niks. Die saak seil onder hom en Rooi uit. Hulle kan die glibberige spoor net-net in die verte sien kronkel. En die slagoffers gil desperaat om hulp . . . In Medusa boor Rudie van Rensburg ’n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman. Daar’s mensehandel en psigopatie om mee handgemeen te raak – en kinderlewens op die spel.

R 310.00
9780795801846
0.75 mb
Afrikaans
2019-02-07
Queillerie
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.