Gifbeker

Zyl, Irna van

EPUB

Speuradjudant Storm van der Merwe is op die toneel toe ’n gehate kosblogger dié middag in een van Hermanus se spoggerige restaurante dood neerslaan. Dit blyk die giftige sampioene in die vrou se kos is selfs dodeliker as haar vlymskerp resensies. Dit is maar net die begin van Storm se probleme: haar oudkollega, Andreas Moerdyk, het bedank en trap nou haar drumpel deur op soek na ’n nuwe heenkome in dié dorp. Om dit alles te kroon, verdwyn haar geliefde hond. Storm se senuwees is gaar wanneer die moordenaar nog slagoffers eis – alles tydens die voorbereidings vir ’n blink toekenningsaand waar die land se topsjefs vereer word. Maar wie is besig om moord op te dis en gaan Storm dié slagting kan keer?

R 180.00
9781485903765
0.87 mb
Afrikaans
2018-03-01
Penguin Random House South Africa
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.