Bloedbande

Verwoerd, Wilhelm

EPUB

Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas 'n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang 'n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is? In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou 'n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef.

R 330.00
9780624085188
6.24 mb
Afrikaans
2018-07-02
Tafelberg
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.