Die Nuwe Amptelike K53 Handleiding

Gibson, Clive , Hoole, Gavin

PDF

Hersien, met opgedateerde inligti ng en ’n helder nuwe voorblad om daarby te pas, is

Die Nuwe Amptelike K53-handleiding ’n omvatt ende en koste-eff ekti ewe gids om jou te help slaag in die Leerling- en K53-Bestuurslisensietoetse. Elke hoofstuk bespreek wat van jou verwag sal word met die hantering van ligte en swaar motorvoertuie en motorfietse.

Die Leerlinglisensie-afdeling verduidelik die K53-beginsels van defensiewe bestuur, padtekens en padreëls, met vrae en antwoorde om jou kennis te toets. Aan die einde van dié afdeling is ’n oefentoets, soortgelyk aan die een wat deur verkeersdepartemente opgestel word. ’n Nuwe, nuttige afdeling wat addisionele items in die wetgewing opsom, is ná die toets bygevoeg.

Die Bestuurslisensie-afdeling verduidelik hoe kandidate getoets word en waarna eksaminators oplet, met stap-vir-stap-instruksies vir elke maneuver in die werf- en die padtoets. Met detail-illustrasies in volkleur, is dit beslis dié gids vir leerling- en bestuurslisensietoetse. Dié handleiding se inhoud vorm ook die basis vir ’n opsionele skakel tot ’n aanlyn-selftoetsfasiliteit.

R 100.00
9781432303310
9.43 mb
Afrikaans
2013-10-18
Penguin Random House South Africa
4
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.