Daar is geen vaste resep om â??n â??goeie onderwyserâ?? te word nie. Probeer-en-tref is dikwels die enigste manier om uit te vind wat die beste vir â??n spesi ieke persoon in 'n spesifieke konteks werk. Dit kan â??n angswekkende vooruitsig wees om vir die eerste keer in â??n klaskamer te moet instap. Help! Ek is â??n studente-onderwyser bied leiding en ondersteuning aan studente- én beginneronderwysers in hul strewe om doeltreffende leer te bevorder, veral in Suid-Afrika se komplekse skoolomgewing. Help! Ek is â??n studente-onderwyser fokus op praktiese toepassings wat studenteonderwysers sal help om daardie vaardighede te ontwikkel wat noodsaaklik is vir doeltreffende onderrig. Opdragte, aktiwiteite en oefeninge skep geleenthede om oor die inligting te besin en dit in die werklike skoolomgewing toe te pas, terwyl wenke en voorstelle suksesvolle implementering in die hand werk.