Kwaai Uil en sy boom

Ponter, Kerryn

EPUB

Een oggend word ons gunsteling-uil wakker en sien dat die pragtige groen blare aan sy boom besig is om te verkleur. Hy het besef dit beteken herfs het aangebreek en hy was hartseer. Maar geleidelik het hy agtergekom dat die ander voëls in die droë blare baljaar. Met elke seisoen wat verbygegaan het, het hy agtergekom dat sy boom elke keer verander. Nie alleen het hy dit begin aanvaar nie, maar ook die waarde van die veranderinge verstaan. En voordat hy hom kon kry, was somer weer op pad. Kwaai Uil en sy Boom stel die wisseling van seisoene vir jong kinders op ’n aanskoulike manier voor, tesame met die mooiste illustrasies. Dit is die derde titel in Kerryn Ponter se Kwaai Uil-reeks.

R 55.00
9781432309640
15.98 mb
Afrikaans
2018-10-01
Penguin Random House South Africa
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.