Agter hierdie boek lê die verwondering oor ons vermoë om stip na letters op papier te kyk en dan te ervaar dat ons ’n ander wêreld betree. Hoe kry ons dit reg om na aanleiding van die woorde wat ons lees; nie alleen inligting te bekom nie; maar ’n hele wêreld tot stand te verbeel en daarheen te reis? Wat is die rol van die teks hierin? Wat is die rol van die leser? Waarom doen ons dit? Hoe help ’n begrip van ons reise na storiewêrelde om ons “leefwêreld” beter te verstaan? ’n Fokus op die wêrelde van stories maak dit moontlik om tekste krities binne hulle kontekste te lees; sonder om die spesifiekheid van elke teks te verwaarloos of om die betowering van storiewêrelde te verloor. Gemik op studente van Afrikaans en Nederlands en ook Opvoedkunde. Inhoud: • Wonderwêrelde • Wêrelde word tot stand vertel • Wêreldskepping as kognitiewe proses • Interpretasie van storiewêrelde • Leidrade en konteks • Towerwêrelde en kritiese refleksie