Wiskunde-onderrig in die grondslagfase 2

Naude, M , Meier, C

PDF

Die rol van ’n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroeë en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3); dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en lê hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan. Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word; met ’n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teorieë aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die konsepte afrikanisering van die kurrikulum en etnowiskunde word ook bespreek. Die temas wat in die boek aangespreek word; is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese; sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel.

R 540.01
9780627037887
68.55 mb
Afrikaans
1970-01-01
Van Schaik Publishers
2
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.