Baie worde - Identiteit en transformasie by Antjie Krog

Niekerk, J van

PDF

In haar ‘transformasie-trilogie’ bestaande uit Country of My Skull (1998); A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) artikuleer Antjie Krog haar kritiek op en weerstand teen bepaalde opvattings van Westerse moderniteit. Die nagevolge van kolonialisme in Suid-Afrika in die vorm van apartheid; en die modernistiese skepping van ‘ras’ word as problematiese konsepte hanteer en Krog onderneem soektogte na ’n alternatiewe manier van wees in Suid-Afrika. Jacomien van Niekerk karteer in ‘baie worde’: Identiteit en transformasie by Antjie Krog die argumente wat in die loop van die trilogie opgebou word rondom die nou-vervlegte konsepte van kolonialisme/postkolonialisme; ‘ras’; identiteit; ’n Afrika-wêreldbeeld’ en die Suid-Afrikaanse nasie—en maak as sodanig ’n bydrae tot aktuele diskoerse.

R 238.50
9780627035319
5.2 mb
Afrikaans
2016-01-01
Van Schaik Publishers
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.