Tot nou toe is boerdery gebaseer op die empiriese kennis wat van geslag oorgedra is; maar deesdae staan die moderne boer voor probleme wat haas onoorkombaar is: klstes wat astronomies eskaleer; produkpryse wat val; stygende rentekoerse op grondpryse; wat nie uit die boerdery verhaal kan word nie en arbeidsonrus; om maar 'n paar te noem. Voeg daarby die knellende droogtes wat Suid-Afrika teister en die prentjie verdonker merkbaar. Hierdie faktore noop die boer om sy sake- en bestuursvernuf uit te brei en tot die uiterste te benut om sodoende te verseker dat sy plaas ekonomies so goed moontlik bestuur word - om sy skuldlas te beperk en om sy eie sowel as die landbousektor se voortbestaan te verseker. Tradisioneel was boere nie verplig om veel syferkundige berekeninge te onderneem nie; maar dinge verander vinnig. Hierdie boek bevat die grondbegindels van finansi�«le bestuur; ontleding en beheer en dit is eenvoudig uiteengesit met vele voorbeelde sodat die materiaal maklik vertolk kan word.