’n Omvattende bespreking van die onderrig van Afrikaans as huistaal in Graad 1; 2 en 3 soos beskryf in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) van 2011. Fokus op die onderwyspraktyk en het ’n sterk navorsingsinslag wat die kennis van geletterdheid en die onderrrig daarvan sal versterk. Assessering word by elke taalvaardigheid bespreek saam met voorbeelde. Gemik op opvoeders wat basiese en nuwe idees soek vir die onderrig van Afrikaans as huistaal of addisionele taal in die Grondslagfase; ouers wat tuisonderrig doen en dosente en tersiêre studente in die Grondslagfase.