Ervare Tegnologie opvoeders het hierdie studiegids ontwerp om jou te help om inhoud van die tegnologie kurrikulum vir die Senior Fase ( Graad 7-9 ) te verstaan. Hierdie studiegids sal jou help om van graad tot graad te vorder en jou in staat stel om die gemeenskaplike taak vir assessering (GTA) in die laaste termyn van Graad 9 suksesvol te hanteer.