'n Inleidende perspektief tot kurrikulumstudies

Bester, C Le Hanie, S , Hanie, C Le , Bester, S

EPUB

In die onlangse verlede het die veld Kurrikulumstudies, oftewel die bestudering van die kurrikulum, sy verskyning gemaak in onderwysersopleidingsprogramme aan Suid-Afrikaanse universiteite nadat dit nog altyd afgeskeep en selfs misgekyk is. Tans is daar â??n tekort aan handboeke om hierdie groeiende studieveld aan studente bekend te stel, des te meer Afrikaanse handboeke. Hierdie boek voorsien in daardie behoefte. Die teikenmark van die boek is nie net onderwysstudente nie (hetsy BEd eerste jaar tot BEd-Hons, of studente vir die Nagraadse Onderwyssertifikaat), maar ook kurrikulumontwikkelaars, onderwysbeplanners, gehalteversekeringsbeamptes en ander belanghebbendes in die Opvoedkunde. Die boek is gebaseer op voorbeelde sodat die teorie nie as abstraksie hanteer word nie, en beter deur die teikengroep begryp kan word. Sodoende word dit sinvol voorgehou aan almal wat op die een of ander wyse betrokke is by Opvoedkunde, en meer spesifiek by die deeldissipline Kurrikulumstudies.

R 315.00
9780627041389
5.41 mb
Afrikaans
2024-01-01
Van Schaik Publishers
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.