Die “Op-die-Wenpad” Superstudiegidse vir Besigheidstudies poog om leerders van omvattende, volledige en toepaslike inligting te voorsien. Inligting word op ‘n gebruikersvriendelike en verstaanbare manier aangebied, wat maklik is om te leer en te verwerk. Toepaslike gevallestudies bring die sakewêreld na die klaskamer, terwyl die hersieningsoefeninge aan die einde van elke kwartaal leerders verder voorberei vir toetse en eksamens.